Brit Awards
| ||
Die Earls Court se ingang in Londen tydens die 2008 Brit-toekenningsaand. | ||
Toegeken vir | Uitmuntendheid in die musiekbedryf | |
Borg | British Phonographic Industry (BPI) | |
Land | Verenigde Koninkryk | |
Datum | Jaarliks in Februarie | |
Vorige naam | The BRITish Record Industry BRITannia Awards | |
Eerste toekenning | 18 Oktober 1977 | |
Webtuiste | brits.co.uk |
Die Brit Awards (soms BRIT Awards of afgekort as Brits) is die jaarlikse Britse toekenningsaand vir uitnemendheid in die land se musiekbedryf. Dit stem ooreen met die Amerikaanse Grammys. Die naam was oorspronklik ’n afkorting van "Britse" of "Britannia" (die pryse is in die begin geborg deur die Britannia-musiekklub), maar staan deesdae vir British Record Industry Trusts Show.[1] ’n Soortgelyke seremonie, die Classic Brit Awards, word ook elke jaar vir klassieke musiek gehou.
Robbie Williams het die meeste Brit Awards nog gewen: twaalf as solokunstenaar en vyf as deel van Take That.